Search    

STAAL SPESIFIKASIES

Ons dienste sluit die volgende in: Staaldakke in chromadek en in gegalvaniseerde plate, geute, staal strukture, met I balke, boogdakke, industriele strukture soos fabrieke, eksklusiewe ontwerpte gazebos.

Algemene spesifikasies

 

1. Slegs nuwe A graad materiaal word gebruik.

2. Slegs 2mm wanddikte lipkanaal en stutpale word gebruik in die raamwerk van die afdak.

3. Hoë kwaliteit waterdigting word gebruik met UV gestabiliseerde materiaal.

4. Slegs 0.5mm dik "full hard" sink of chromadek word gebruik.

5. Alle staal word vooraf met 'n hoë kwaliteit ets onderlaag geverf.

6. Raamwerk word geverf met 'n spesiale "automotive" verf.  Dieselfde kleure as waarin "chromadek" voorkom.

7. Meer en dikker "rawl bolts" word gebruik as die kompetisie

8. LPM Staal gebruik meer dwarslatte as enige ander vervaardiger sodat die struktuur stewig en veilig is.

9. Sink/chromadek word met selfboorskroewe met seëlrubbers vasgesit om lekkasies te verhoed.

10. Geute is standaard tensy anders gespesifiseer.

11. Waarborg van 5 jaar op konstruksie.

 

Werkswyse

 

1. Gebruik net permanente personeel en geen dagarbeiders nie. Geen onwettige personeel.

2. Hoogs opgeleide personeel  (gekodeerde sweisers).

3. Geen deposito's word vereis nie, maar LPM verwag dat ?n bewys van betaling (tjek/internetbetalingsbewys) aan die span oorhandig moet word voor die span die terrein verlaat.

4. 99% van die strukture word binne 1 dag opgerig.

5. Sink word, waar moontlik, op lengte vir die kliënt bestel wat geraas en tyd tydens opgrigting verminder.

6. Pale word in beton geplant (400mm X 400mm).

7. Oprigtingspanne ruim op en ry alle bougemors weg en laat perseel 100% netjies en skoon agter.

8. Finale opmetings word gedoen voor oprigting plaasvind.

 

Dankie vir die geleentheid om te kwoteer.  Ons hoop om weer spoedig van u te hoor.